BIOGRAFIE

 

‘n Nuwe geestelike golf het die Afrikaanse kerk getref en elke herlewing het ‘n klankbaan van sy eie. Elke generasie moet sy eie stem vind wanneer God die duisternis in hulle met Sy helder lig kom nuutmaak. Duis:Lig is deel van daardie klankbaan en ook ‘n stem wat Lig in donker plekke in spreek.

Duis:Lig is ‘n passievolle beweging wat lof en aanbidding fasiliteer onder leiding van twee erfare aanbiddingsleiers Hennie Maritz en Christelle Combrink (Stella).  

Die Duis:Lig droom is gebore uit ‘n sterk koffie tussen Hennie Maritz en Louis Brittz. Hulle kon voel hoe die Here iets nuuts kom skep en een oproep later is Stella aanboord en deel van die Duis:Lig span. So het Hennie en Stella pen op papier begin neersit om iets van hierdie klanbaan vas te vang en te deel. 

Hennie is getroud met Vanessa en het twee pragtige kinders Luca en Lijah. Hy is ‘n jong man wat in die kerk grootgeword het. Vandag is hy pastoor en worship leier in Johannesburg by Remembrance community church in Randburg. Sy pa is ook pastoor en sy broer Andy een van SA se beste drummers. Hennie skryf lankal liedjies en was al deel van verskeie CD produksies. 

Stella is ‘n boervrou van Carolina en getroud met Johan Combrink en hulle het ‘n pragtige dogtertjie Ellie. Christelle het ook as klein dogtertjie in die kerk begin sing en so het haar liefde vir musiek gegroei.  Sy was 3 jaar lank deel van jeug bedienning C-Kruis en kort daarna het haar musiek loopbaan begin. Sy het al twee SAMA-nominasies en 1 Tempo nominasie agter haar naam met 3 skitterende solo-albums. Sy het al saam met Louis Brittz en Retief Burger vir 3rd Day die verhoog geopen en groot skares by Mosaiek Gemeente en Moreletapark Gemeente in aanbidding gelei. Stella is betrokke by haar plaaslike gemeente, Holy Joy Ministries, in Carolina asook soveel moontlik by Hennie se gemeente, Remembrance community church.   

Duis:Lig se debut album is in 2012 “live” opgeneem en vir ‘n Tempo toekenning genomineer in 2013. Liedjies soos Helder Lig, Loof die Heer en Steeds Naby het mense se harte aangegryp en weerklink steeds in kerke regoor SA.

Duis:Lig 2 is as die Ghoema wenner vir beste geeslelike album in 2015 aangewys. Liedjies soos Ek sal sing, ek het U nodig, Ek verstaan en There is none, is gunstelinge. 

Hulle nuutste projek: Duis:Lig “Dans” is weereens in 2017 aangewys as Ghoema wenners vir die beste geestelike album met die lied “Dans” en U’s getrou as hulle grootste treffers.

Die boodskap van Duis:Lig is dat net die lig van Christus die donker kan verdryf en hulle droom ook om ‘n generasie te sien wat meer en meer bewus word van hierdie Lig en daagliks meer daarin sal loop. DuisLig se doel is daarom om spasies van aanbidding te skep waar mense God se Lig kan sien en beleef.

ONS is die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van HOM wat ons uit die DUISternis geroep het na sy wonderlike LIG. (1 Petr 2:9).

Voor GOD se gesig word DUISternis …LIG!  
·        dis die helder kreet van ‘n nuwe generasie
·        dis liedjies vol lig wat duisternis wegblaas
·        dis ‘n Jesus Culture op ‘steroids’…in Afrikaans
·        dis vars,beautiful, ryk en rou.  

Dis GROOT liedjies vir jonk en oud deur musikante van wêreldklas gehalte met GROOT harte vir God.

Sing en luister saam.

Management, Bookings, Coordination and PR:

Roxanne

 

072 240 2303

 

bookings@duislig.co.za